Trudie … jy is altyd so kalm, behulpsaam en ordentlik oor almal en alles. Baie dankie vir alles Trudie. Ek waardeer regtig al jou hulp. (Sal vir jou ‘n nuwe potlood moet koop na al daai skerpmaak.)

Anzel … so professioneel. Jy mis net mooi niks. Jy’s ‘n ‘great girl’ en ken jou storie. Ek’s so bly ek het jou ontmoet.

Gerrit (Royal Blu Events) … asseblief … ek wil ook so mooi soos jy ‘decorate’. Ek kom vir lesse!!! Vra vir Anzel … toe ek daar instap het ek trane in my oë gekry, want mooi goeters roer my emosies. In my wêreld tel verpakking, en jou verpakking was die mooiste ooit. Ek weet jy het baie meer gedoen as wat jy moes, maar ek verstaan jou passie. Baie dankie Gerrit.

John … ‘Nou waar is daai Tupperware bakkie?’ Gooi vir my ‘n groot bak butternut slaai in asseblief. Stuur ook ‘n klompie van daai glasies met lekker poeding oor asseblief. Ons lewens draai om kos … lekker kos … and you did it!!!! Dankie MASTER CHEF JOHN!!! Jy’s die wenner.

Nou ja julle … ek skryf myself behoorlik in trane!!! Ek het foto’s om te deel. Sê as julle nodig het vir bemarking.

John … onthou asseblief die hout lepeltjie plek. DANKIE!!! Sterkte vir die besige feesseisoen (en sekerlik trouseisoen). Hoop nie die wind waai oppi stoep nie en dit reën in die bos nie.

Geniet julle Kersfees en alles van die beste vir 2015.”

D'Aria Wedding and Conference Venue | All Rights Reserved