GALLERY

Good Housekeeping Bakestars

"Gaste het die lieflike Liezel van der Westhuizen ontmoet, wat die seremoniemeester vir die dag was!
Die selebsjefs Zola Nene en Clement Pedro het hul gunsteling-bakwenke en -tegnieke gedeel.
Die selebs se resepte wat in Goeie Huishouding verskyn het, was tog te heerlik en is pragtig op die high tea-feestafel voorgesit.
Heerlike D’Aria-vonkelwyn is met die gaste se aankoms uitgedeel en verruklike jenewermengeldrankies was in die Gin Garden beskikbaar.
Gedurende die geleentheid is lesers by die verskeie borge se stalletjies vermaak – dankie, Bakers, Clicks, NutriDay, Miladys en Glad.
Goeie Huishouding se leefstylredakteur, Vicki Sleet, het idees en tendense vir high tea-tafelversierings gedeel.
Die gaste het ’n fantastiese R11 495 vir S-Cape Home ingesamel deur lotingkaartjies te koop.
Philippa Feher van Miladys het ’n inspirerende modepraatjie gelewer en vertel hoe om vir jou liggaamsvorm reg aan te trek.
Benefit Cosmetics het ’n grimering-opknappingstalletjie gehad en het verseker dat almal fantasties lyk!
Gaste is daar weg met GH-geskenksakke propvol verrassings, eetgoed en bederfies."
http://www.goodhousekeeping.co.za/af/event/10-reas...

D'Aria Wedding and Conference Venue | All Rights Reserved